Die ANC se heimweebende is steeds dronk van Sowjet-Kool-Aid

RAMAPHOSA DRAAI IN DIE ROOK

Die ANC se heimweebende is steeds dronk van Sowjet-Kool-Aid

Suid-Afrika, wat self in ’n stadium ’n uitgeworpene was, het nou die kant van ’n uitgeworpe staat, Rusland, gekies en na die morele bankrotskap van die Zuma-bewind teruggekeer. Ons land bly verlore in die newels van oorlog, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

RUSLAND se inval in Oekraïne en die oorlog in Europa se verre suidoostelike hoek veroorsaak ’n uitkringeffek van polities ekonomiese, geostrategiese en humanitêre probleme vir lande duisende kilometers weg van daardie teater van oorlog.

Die oorlog het ook sy spreekwoordelike streep in die sand getrek, maar die afgelope twee dekades se winde van globale verandering het daardie streep verdof. Die aanpassings in die streep, wat ek jare lange historiese en sosiale veranderings noem, is wat Vladimir Putin verkeerd gelees (https://www.newyorker.com/news/daily-comment/putins-historic-miscalculation-may-make-him-a-war-criminal) het – ’n fout wat pres. Cyril Ramaphosa met sy stilswyende ondersteuning van die Russiese leier herhaal het.

Feitlik onmiddellik nadat Rusland Oekraïne binnegeval het, het Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), kleigetrap. Ná ’n oproep deur haar departement vir ’n Russiese onttrekking het die ANC se heimweebende, steeds dronk van Sowjet-Kool-Aid, dié minister na die vae streep teruggetrek. Pandor moes ná haar sterk verklaring druipstert na die party se pype dans en ’n taamlik betekenislose verklaring (https://www.dailymaverick.co.za/article/2022-02-27-pretoria-scrambles-to-repair-relations-with-russia-after-calling-for-invasion-force-to-leave-ukraine/) ondersteun nadat Ramaphosa gesê het haar streng afkeuring van Russiese aggressie het Suid-Afrika se beleid weerspreek. Die feit is dit is inderdaad die ANC se beleid – en dit eggo Ace Magashule se stelling dat ANC-lede nie toegelaat (https://mg.co.za/article/2018-02-13-anc-members-cant-vote-with-their-conscience-in-motion-of-no-confidence-magashule/) word om volgens hul gewete te stem nie, maar net op grond van partybeginsels. Intussen het Jacob Zuma met al sy twyfelagtige sedes Putin as “’n man van vrede (https://www.timeslive.co.za/politics/2022-03-07-zuma-weighs-in-on-russia-and-ukraine-conflict-says-man-of-peace-putins-response-justified/)” beskryf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.