Die kronieke van ’n agterstraat wat soos ’n slang vervel

HEERLIK EN KÔMMIN

Die kronieke van ’n agterstraat wat soos ’n slang vervel

Hy het al voorheen oor sy straat geskryf waar hy al vir amper 40 jaar woon. Die afgelope dekade egter, vertel HERMAN LATEGAN, het Cavalcadeweg in die hart van Groenpunt verander van 'n eenvoudige sameskraapsel vol randeiers na 'n plek vir opgepofte krielhaantjies.

’n Straat vol lewe en dood

Dit was somer, die einde van die jaar 1986, toe ek by my lewensmaat, Graham Sonnenberg, in 'n agterstraat van Groenpunt ingetrek het. Melrose Mansions is 'n ou woonstelgebou, wat soos die meeste van die ander geboue hier uit circa 1930 dateer.

Die straat was half verlep, maar dit was deel van sy sjarme. Ons bure was Italianers, oorkant ons was daar 'n huis vol studente, langs ons 'n ou Britse paartjie. Daar was Portugese en Grieke in ander huise en verder af in Yorkstraat was daar ook bruin mense...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.