Om te dooswyn of nie – dit is die vraag

BOTTEL OF BOKS?

Om te dooswyn of nie – dit is die vraag

As jy snobistiese vriende het, kan jy maar jou dooswyn oortap in ’n kristalkraffie – en wag dat hulle die lig sien, want dooswyn is hier om te bly, skryf FRANSCOIS NAUDÉ.

  • 29 Oktober 2021
  • Vrye Tyd
  • 7 min om te lees
  • artikel 16 van 32
  • Franscois Naudé

DRIE dinge sal ek nooit vergeet van my dae as ’n tjokkertjie in die laat 70’s nie. Eerstens dat ons skelm Dallas gekyk het terwyl ons lankal in droomland moes gewees het. Tweedens dat ek altyd vir my ma Ransom Select-sigarette moes gaan koop het toe ek skaars lank genoeg was om oom José agter sy kafeetoonbank te sien. Laastens dat daar altyd ’n 5-liter-doos CellarCask in ons yskas gestaan het al was daar nie melk nie.

Die doos, oftewel boks, as wynverpakking het in 1965 in Australië die lig gesien en word tot vandag onder sekere mense as kommin beskou. Maar die feite begin ál meer ’n ander storie vertel, soos dat bokswyn se verkope in 2020 vir die eerste keer in Suid-Afrika die verkope van wyn in bottels verbygesteek het.

Die inwoners van Skandinawiese lande word as gesofistikeerde wyndrinkers beskou, maar selfs hier kraai die boks al geruime tyd koning. Hierdie mark verstaan die vele voordele wat die boks bied...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.