Samesyn as jy nie meer jagsjonk is

RUBRIEK

Samesyn as jy nie meer jagsjonk is

JAN WOLMARANS bepeins die seisoene van samesyn – die hartstogtelikes wat verby is, die virtueles wat die internet bied en nou die stilles waar 'n warm voorkopsoen aan die einde van die dag mens se enigste begeerte is.

SAMESYN is maar met elke generasie anders as met die vorige. Toenterjare het familie Sondae saamgekuier ná middagete tuis, uitgery in blinkgewaste Amerikaanse karre en kinders vol linte en strikke, vir koek en tee by geliefdes in die laatmiddag. Later eers was ’n saambraaiery ná kerk ’n algemene mode, asook pieknieks, en nog later die gewoonte dat gesinne saam gaan uiteet. Die ritueel altyd rondom kos waartydens mans gesels oor oorlewingsplanne, vroue fluister oor swangerskappe en kinders in speeltuine op gevaarlike skoppelmaaie tande wissel eerder as dit tussen grootmense sit en tel.

Deesdae is dit te duur om te kuier met alle soorte brandstof soos petrol, vleis, wyn en waagmoed, die ooreenkoms in geloof en lewenstyl selfs onder broers en susters te verwyderd, die paaie te ver en vol slaggate en mense veel meer ingestel op eie, afsonderlike doen late. Dié behels hoofsaaklik virtuele verkeer met onbekende vriende op sosiale media, ontvlugting deur derduisende rolprente wat in jou voorkamer beskikbaar is, aanlyn kursusse, en sekskapades via skemerkamers op selfone. Wat ook al, fisieke samesyn raak al hoe skaarser, duurder en gevaarliker.

Maar ná maande, nee, jare se meestal alleenwees léwe ’n mens skielik weer ’n gewaagde samesyn van lag en wyngesels, vroue wat hartlik omhels, mans wat help raakvat, bydra, laste en besluite ligter maak, grappe vertel. Dis ’n duisel. ’n Dwelm...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.