Al weer ’n lawaai oor die haai polfaai

TRENDS

Al weer ’n lawaai oor die haai polfaai

Die rooi tapyt by die Cannes-filmfees dreig om 'n bloedbad te word in die stiletto-oorlog tussen die Franse en die Hollywooders. LAUREEN ROSOUW bedink die saak en word uiteindelik gelei om te bieg oor haar donker geheim.

DIT voel asof iemand die rewind-knoppie gedruk het ...

Die rooi tapyt by vanjaar se Cannes-filmfees is skaars uitgerol toe dit duidelik word dat daar weer Hollywooders is wat Franse reëls nie verstaan nie of bloot ignoreer: Jennifer Lawrence dra swart plakkies by haar swierige rooi haute couture-Dior-rok. Dadelik word die internet oorspoel met foto's van die keer toe Kristen Stewart met ’n paar superhoë Louboutins in haar hand die rooi tapyt se trappe uithardloop. Voor haar het Julia Roberts daardie selfde trappe bestyg in 'n deftige swart tabberd en kaalvoet soos toe sy die dag gebore is.

Die revolusie van die vroue wat by die Palais des Festivals dreig, gaan oor die voorskriftelike dragkodes en veral dié vir die rooi tapyt. Die misnoeë het reeds in 2015 met die “Heelgate”-skandaal begin toe vroue met plat hakke by die deur weggewys is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.