Nuwejaar hoort in Skeptember

DIKGEKRISMIS IN JANUARIE

Nuwejaar hoort in Skeptember

Januarie is vir herstel van Krismis en babelaas, nie vir voornemens en nuwe planne nie. JAN WOLMARANS se ou swerwersvriend, Habakuk Dorsveld die bultgulper, bepleit ’n nuwe orde waar ons ’n nuwe jaar vier met die aanbreek van die lente.

DIE uiteinde van die Nuwe Begin 2023 het ek nou net mooi glad nie verwag nie.

Om in Januarie in die hitte en dikgekrismis met nuwe dinge te moet begin, is gewoon belaglik. Dis net só verkeerd, soos om te wag tot ná die jaar se langste dag en dan in oestyd eers te begin ploeg en plant. Die tydsberekening is heeltemal verkeerd vir ’n nuwe begin. Te laat, te warm, te ekstreem van weer. Te sat.

Ons nuwe jaar begin boonop regtig eers iewers in Februarie, want die eerste maand van die jaar is ’n babelaas, ’n lang siekverlof, ’n vae hiaat waarin beloftes en vooruitsigte gemaak word in die waan van vernuwing. Gek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.