We freakkings

KERSKORTVERHAAL

We freakkings

Vir hierdie tyd van die jaar ’n verhaal waar die ‘small chaps’ in die kleuterskool die Kersverhaal uitbeeld. Dit kom uit EMMA BEKKER se bundel Vel.

DAAR is iets magies omtrent die manier waarop Jozi se veelkleurige kulturele drukkoker nuwe soorte blatjang vorendag bring. Een van die beste geleenthede om hierdie rare kondiment te geniet, is met kleuterskole se Kerskonserte. Ek staal my teen die kuggies van John Irving-lesers. Nee, ek gaan nie probeer om met enige gebeure in A Prayer for Owen Meany te kompeteer nie. My vertelling mag dalk feitlik nie altyd korrek wees nie, maar dit ontbreek nie aan opregtheid nie. My digterlike geskiedskrywing is aan die woord.

So bevind ek en my man met die aanvang van ons loopbaan as ouers onsselwers in ’n vrot ou spoorweghuisie in Westdene (naby die dam, in die goeie deel, op die grens met die heelwat sjieker Melville – volgens die eiendomsagent). (Die matte in die sitkamer vibreer met ’n mikro-organismiese kosmos, in so ’n mate dat ek bloedvergiftiging kry van ’n carpet burn wat ek een nag opdoen omdat ek oor ’n tros speelgoed getrip het.) Weens ’n paar tref-en-trap-ongelukkies met voorbehoeding, is ons ’n goeie tien jaar jonger as ons kinders se maatjies se ouers, met drie telge kort op mekaar se hakke.

Terwyl my vriende op Ecstasy trip en rave, floreer ek op oxytocin, Teletubbies en slaapdeprivasie. In ons jeugdige vervaardheid maak ons kinders groot soos daardie wildebeeste wat jaarliks die Masai-Mara-migrasie aanpak: sodra ’n kalfie gebore word en die grond tref, moet hy begin hardloop. Oor riviere en vlaktes, met kort stoppies vir ’n drinkie. Om te keer dat ek dalk in die proses van moederskapsoorweldiging ’n krosie of twee fisies gruwelik te na kom, word die wildebesies reeds vroeg in hulle lewens na die plaaslike Montessori-kleuterskool gepos. Darem net halfdag, want ek vryskutskryf van die huis af...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.