Wat is dit met mans en die Romeinse Ryk?

RUBRIEK

Wat is dit met mans en die Romeinse Ryk?

’n Gier op TikTok het LOUIS DE VILLIERS laat wonder hoekom moderne mans – en nou hy ook – so behep is met 'n baasspelerige ryk wat in sy moer gegaan het.

ANDERDAG verskyn die gedagte hier onder op Viz Comic se X-profiel (https://twitter.com/vizcomic/status/1706947030222766419).

Dié Yorkshire-strokie is nie meer sommer in gedrukte vorm in Suid-Afrika te koop nie, nadat ’n paar happy clappy-stormtroepe destyds die CNA te senuweeagtig gemaak het. Maar dis ’n aanlyn móét as u van u humor met dieselfde geur hou as ekselwers: nihilisties, kinderagtig en oorhaastig om slaapkamer- en/of toilet-aksie by die punchline te betrek.

So, daar’s deesdae ’n gier op TikTok waar vroue hulle ouens vra hoe gereeld hulle aan die Romeinse Ryk dink. Die meestal verdwaasde manne dink oënskynlik verbasend dikwels aan die Romeinse Ryk, maar dan weer: Wat staan ’n man te doen as sy wederhelf skielik haar foon op hom rig en vra: “Hoe dikwels dink jy aan die Romeinse Ryk?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.