Die country-sanger wat van onder af deur links en regs kloof

IN DIE MIDDEL

Die country-sanger wat van onder af deur links en regs kloof

Oliver Anthony het die verbeelding van albei kante van die politieke spektrum aangegryp. Maar kan dié Amerikaanse countrysanger die stem word wat deur die geraas van links én regs sny? Deur FRED DE VRIES.

HY het uit die bloute op die toneel verskyn met kortgeknipte hare en ’n rooi baard en homself Oliver Anthony Music genoem. Op ’n video sien ons hom agter ’n mikrofoon in ’n landelike omgewing, met twee honde aan sy voete. Hy dra ’n T-hemp met ’n prentjie van ’n koei en speel ’n Gretsch Resonator-kitaar. Eenvoudige akoestiese musiek, country met growwe folk-elemente. Hy is, in sy eie woorde, “just some idiot and his guitar”. Maar dan maak hy sy mond oop en ons hoor ’n rowwe, emosionele monster wat met ’n paar groot plattelandse snikke lostrek teen die politici wat die armes in die steek laat het en aan ’n lewe van welsyntjeks en gemorskos oorgelewer het.

Die lied is “Rich Men North Of Richmond (https://www.youtube.com/watch?v=sqSA-SY5Hro)" en dis al meer as 80 miljoen keer op YouTube gekyk. Dit het op 26 Augustus moeiteloos oor Taylor Swift, Olivia Rodrigo, Morgan Wallen en Luke Combs na die eerste plek op die Billboard Hot 100 gespring, en is daardie week 147 000 kere afgelaai en 17,5 miljoen keer gestroom – nogal ’n prestasie vir ’n musikant vir wie die trefferlyste nog altyd iets uit ’n ander sterrestelsel was.

Dis selde dat ’n liedjie van skaars drie minute so ’n opskudding veroorsaak. Almal van die mense op straat tot magtige influencers, van popskrywers tot politici, van verhewe links tot radikale regs, raak betrokke en hou vol hulle weet waar Oliver Anthony op die politieke spektrum staan. En die man self? Hy hou ons aan die raai...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.