Wanneer die staat mag doodmaak: die straf wat niemand verdien

GEREGTELIKE TEREGSTELLINGS

Wanneer die staat mag doodmaak: die straf wat niemand verdien

Elke keer wanneer ’n politikus die doodstraf as 'n oplossing vir ons misdaadprobleem noem, wonder ANNELIESE BURGESS of hulle sélf bereid sou wees om die vuilwerk te doen.

DIE ou galg troon uit bo die C-Max-afdeling van die ou Pretoria-Sentraal-gevangenis, nou bekend as Kgosi Mampuru II. Die kenmerkende skrefiesvensters soos die versluierde oë van ’n slang. Die kapel met sy rooi-en-blou gebrandskilderde vensters hurk aan die voet van die dubbelverdiepinggebou.

Die laaste sewe dae van ’n terdoodveroordeelde se lewe het ’n reeks aftel-voorbereidings bevat: laaste briewe, laaste familiebesoek, laaste maaltyd. Alles ter voorbereiding van die uiteindelike teregstelling.

Die proses sou begin met die balju van die hof wat die swart omraamde lasbrief vir eksekusie persoonlik aan die hoof van die gevangenis oorhandig. Hy sou dan onmiddellik die afdelingshoofde van die dodeselle in kennis stel, wat onmiddellik die afdeling sou afsonder met die bevel: “Kap toe!”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.