Suid-Afrika: Je suis Cheslin

VERSLAAF AAN HOOP

Suid-Afrika: Je suis Cheslin

Cheslin Kolbe se afstorm van ’n doelskop wat die Springbokke teen Frankryk help wen het, is ’n metafoor vir wie ons as Suid-Afrikaners is. Ons is ’n kleurvolle klomp bliksems wat nie gaan lê nie, mymer MAX DU PREEZ ná ’n goeie nagrus, ’n bord pap en ’n dubbele espresso.

ONS Suid-Afrikaners is verslaaf aan hoop, vang ek myself dié week in 'n onderhoud met 'n Britse joernalis sê. Eers toe die woorde uit is en die joernalis se kop knik om te sê “great soundbite” – wonder ek of dit regtig 'n waar stelling is.

Ek weet hoekom die woorde in my kop ingekom het. Ek het nog nooit enige aptyt gehad om my land teenoor 'n buitelandse gehoor te robbies nie. Ek lieg nie en is versigtig met die lipstiffie op die vark se lippe, maar, sal ons maar sê, ek neig om die positiewe bo die negatiewe te beklemtoon.

Dit gaan nie goed met Suid-Afrika se staatsbestuur en ekonomie nie, moes ek vir die BBC-man sê. En toe my ou gunsteling-refrein: Maar 'n slegte regering en 'n stotterende ekonomie is nie wat ons as 'n Suid-Afrikaanse nasie definieer nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.