Hoe laat kantel mens ’n onwrikbare nasionalistiese staat?

DIEP STAAT

Hoe laat kantel mens ’n onwrikbare nasionalistiese staat?

Ondanks die idee dat die ANC uit die saal gelig kan word by die stembus, plaas die getalle so ’n hernuwing buite bereik. Wat kan ’n mens verwag of jou selfs indink? Waarvoor kan jy wens? vra ISMAIL LAGARDIEN.

MENSE wat in die demokratiese era gebore is, of 30 jaar gelede te jonk was om te stem, voel 2024 gaan hulle nuwe 1994 wees. Hulle glo dit is moontlik dat ’n nuwe uitvoerende gesag, regering en parlement tot stand kan kom. Maar dis hoogs onwaarskynlik dat ’n verkiesingsoorwinning behaal sal word wat dié scenario kan verwesenlik. Die getalle plaas so ’n hernuwing buite bereik. So wat kan ’n mens verwag of jou selfs indink? Waarvoor kan jy wens?

Sou so ’n nasionale hernuwing wel plaasvind, is die mees waarskynlike kandidaat om dit te lei Rise Mzansi, met die sakeman Songezo Zibi aan die stuur van dié organisasie se sake. Sy volgers is in die Rivonia Circle, en ’n skadugevolg.

Zibi se eerste probleem sal wees om verby die beledigings, skeldname, demonisering, gaslighting en sondeboksoekery te kom, veral deur Afrika- en etnonasionaliste van ’n bepaalde aard. Dié “probleem” is ’n magtige, veelkoppige ongedierte wat die revolusionêre tonge en harte van die nuwe puriteine regeer, wat alles onder die son sal doen om mag en gesag te bekom of daaraan vas te klou, eerder as om hulle aan demokrasie te onderwerp. Dit is Bybelse dinge...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.