Oor dom dikgewrig-Boere en uitsonderings

ARROGANSIE VAN EMPIRE

Oor dom dikgewrig-Boere en uitsonderings

Ja, daar is ongelukkig nog Engelssprekendes wat dink die meeste Afrikaners is kru en dom. Maar sulke etniese chauvinisme en stereotipering is 'n wêreldwye verskynsel, skryf MAX DU PREEZ in reaksie op Lin Sampson se stuk in verlede week se uitgawe oor Britse koloniale houdings.

“UNWILLING to work, and unable to think; with a mind disengaged from every sort of care and reflection, indulging in excess in the gratification of every sensual appetite, the African [Afrikaner] peasant grows to an unwieldy size, and is carried off the stage by the first inflammatory disease that attacks him.”

Sir John Barrow se invloedryke An Account of Travels into the Interior of South Africa in the years 1797 and 1798 wat in 1801 en 1804 in twee volumes uitgegee is, was die eerste insigte wat Britte op Afrikaners van die laat 18de eeu gekry het. Sy diep minagting van Afrikaners het die grondslag gelê vir Anglo-Saksiese stereotipering van die Afrikaner wat tot lank ná die Empire-era voortgeduur het.

Hy tipeer die tipiese Afrikanervrou as 'n vuil, vet, lui en dom babafabriek: “Most of them can neither read nor write, so they have no mental resources whatsoever. Luckily, perhaps, for them, the paucity of ideas prevents time from hanging on their hands. The history of the day is that of their whole lives.” (Aangehaal uit The Afrikaner as Viewed by the English 1795 – 1854, deur Michael Streak, 1974.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.