’n Generasie later klap die Grensoorlog se skote steeds

DIENSPLIG EN OPSTAND

’n Generasie later klap die Grensoorlog se skote steeds

GERRIE SNYMAN besef: Ons is ’n getraumatiseerde nasie, aan albei kante van 'n stryd wat nie vergeet kan word nie. Ons het geleer om ironies te lewe.

EK dink hierdie is seker van die eerste boeke oor die Grensoorlog wat geskryf is deur kinders wie se pa’s daar was. In Duitsland skryf die derde en die vierde geslag oor die Duitse Nasionaal-sosialistiese verlede en die Holocaust. Hulle vra indringende vrae oor hulle ouers se verwerking van die skuld aan die menseslagting en die geraamtes wat in die proses weggesteek is. Dit het die Duitsers lank geneem om hierdie verlede vierkant in die oë te kyk. Ons begín nou eers.

Anelia Heese se boek dring diep in die psige van haar pa se eweknieë in wat nasionale diensplig moes doen. Die trefkrag van haar hervertellings lê in die morele verwonding waarmee diensplig gepaardgegaan het. Heese neem háár erfenis van trauma in oënskou. Sy noem dit “’n ode aan die eg Suid-Afrikaanse rouklag wat my tuis laat voel”.

My lewenspad het met twee van die vertellings in hierdie boek gekruis. Daar is die verhaal van ’n Unimog in ’n landmynontploffing waarin mense seergekry het. ’n Bombardier het sy arms verloor. Ek en daardie bombardier, Duncan Matushek, was saam op Artillerieskool vir opleiding in 1974. Heese vertel van Ebo in Angola na aanleiding van ’n gedenknaald in Riebeek-Wes wat ter nagedagtenis aan een van die slagoffers aldaar opgerig is. Vir die gemeenskap was hy ’n held. Hy was ’n drywer van die pantserkar wat deur ’n projektiel getref is. Ek was in daardie slag en het vier pantserkarre sien ingaan en drie gesien uitkom. Neil Lombard kon hulle nie uitkry nie. Heese se geskrif sny na aan die been...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.