HULLE het hom iewers gaan aflaai en R20 in sy hand gestop; die geluid van tronkhekke wat stadig, ritmies agter hom toeknars nog vars in sy ore. Hy was op sy eie, vir die eerste keer in byna twee dekades helemaal op sy eie met niks op sy naam behalwe die R20 nie. Die alles van niks tussen die lyne van die verhaal wat hy vertel; die verhaal van ’n man wat sy eie jonger lewe gesteel het. Geen kraak of klokslag in sy stem, net ’n metronoom wat die tyd aftel, verlore tyd. Moetie lat ieman anneste jou kop vattie, sê sy verhaal sonder dat hy die woorde uitsê.
Want hier staan hy, in ’n vertrek vol jongmense, ’n lewende relaas van die gevolge van ’n follower wees, en hy vertel dit asof hy van ver af na niemand anders kyk wat eens een was. Die gevaar van tropdenke, fluister een voor die vertrek doodstil raak toe hy begin praat, elke vinger op ’n lip, elke oog op ’n steeltjie; die jongspan staan op aandag. Asof in ’n movie speel dit voor hulle af: die beeld van ’n seunskind, kwalik 14 jaar oud, vuurwapen in sy broeksak, op ’n fiets, slingerend agter ’n vriend aan wat die koers bepaal. Meneer die spantrekker. Links, roep hy en hy wat follower is, swaai links, swenk regs of hou reguit aan soos die stem bewillig. Hulle was op pad na die dowwelpoel toe waar die grootmans in die donker grootgeld sit en speel, geen gedagte dat die dowwelgeld nie sommer so met ope hanne aan twee laities gegee sal word nie. Maar vanaand was die aand waarop hierdie laitie sommer quick-quick ryk sou word, het die spreker gedink. Of hy iemand sal kan skiet, is hy vroeër gevra. Natuurlik, het hy gesê, natuurlik. As hulle gevang word, kan hy seker altyd sê hy het net opdragte uitgevoer? Want spantrekker, die was hy nie. Follower, ja. Alliepad.
Wie se bloed in die skietery gevloei het, en of daar bloed gevloei het, sê hy nie. Maar hy is gevang. Van jou sal hierdie hof ’n voorbeeld maak, het die landdros gesê. Die sake teen die 14-jarige het opgehoop. Hy is in hegtenis geneem met elke stukkie klere aan sy lyf gesteel, van sy keppie tot sy tekkies. Elke kledingstuk ’n bewysstuk van die talle rooftogte waarby hy betrokke was. Toe vind hulle nog andermansgoed in die gate waar hy al byna twee jaar lank wegkruip. Niks was ooit syne nie, het altyd niks gehad nie. Toe begin hy vat wat hy nie het nie. Penne. Potlode. Hy was 11, 12 jaar oud, in die skool nog. Toe word hy uitgevang, beland op straat, begin by huise inbreek en van daar net erger. Hy maak ’n voorbeeld van hom, het die landdros gesê toe hy hom vonnis. Voorbeeld vir wie, het hy gewonder, en wat het hy in elk geval gehad om vir iemand van sy lewe te wys? Niks...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
FOLLOWER ALLIEPAD
Die verhaal van ’n meneer van ’n mens
Die afgelope week hoor sy ’n storie wat beter as ’n handboek hulle studente leer van die gevaar van tropdenke of die blindelingse navolg van diegene vir wie jy toelaat om mag oor jou uit te oefen, skryf ANASTASIA DE VRIES. Einste die storie vertel sy hier oor.
Deel
HULLE het hom iewers gaan aflaai en R20 in sy hand gestop; die geluid van tronkhekke wat stadig, ritmies agter hom toeknars nog vars in sy ore. Hy was op sy eie, vir die eerste keer in byna twee dekades helemaal op sy eie met niks op sy naam behalwe die R20 nie. Die alles van niks tussen die lyne van die verhaal wat hy vertel; die verhaal van ’n man wat sy eie jonger lewe gesteel het. Geen kraak of klokslag in sy stem, net ’n metronoom wat die tyd aftel, verlore tyd. Moetie lat ieman anneste jou kop vattie, sê sy verhaal sonder dat hy die woorde uitsê.
Want hier staan hy, in ’n vertrek vol jongmense, ’n lewende relaas van die gevolge van ’n follower wees, en hy vertel dit asof hy van ver af na niemand anders kyk wat eens een was. Die gevaar van tropdenke, fluister een voor die vertrek doodstil raak toe hy begin praat, elke vinger op ’n lip, elke oog op ’n steeltjie; die jongspan staan op aandag. Asof in ’n movie speel dit voor hulle af: die beeld van ’n seunskind, kwalik 14 jaar oud, vuurwapen in sy broeksak, op ’n fiets, slingerend agter ’n vriend aan wat die koers bepaal. Meneer die spantrekker. Links, roep hy en hy wat follower is, swaai links, swenk regs of hou reguit aan soos die stem bewillig. Hulle was op pad na die dowwelpoel toe waar die grootmans in die donker grootgeld sit en speel, geen gedagte dat die dowwelgeld nie sommer so met ope hanne aan twee laities gegee sal word nie. Maar vanaand was die aand waarop hierdie laitie sommer quick-quick ryk sou word, het die spreker gedink. Of hy iemand sal kan skiet, is hy vroeër gevra. Natuurlik, het hy gesê, natuurlik. As hulle gevang word, kan hy seker altyd sê hy het net opdragte uitgevoer? Want spantrekker, die was hy nie. Follower, ja. Alliepad.
Wie se bloed in die skietery gevloei het, en of daar bloed gevloei het, sê hy nie. Maar hy is gevang. Van jou sal hierdie hof ’n voorbeeld maak, het die landdros gesê. Die sake teen die 14-jarige het opgehoop. Hy is in hegtenis geneem met elke stukkie klere aan sy lyf gesteel, van sy keppie tot sy tekkies. Elke kledingstuk ’n bewysstuk van die talle rooftogte waarby hy betrokke was. Toe vind hulle nog andermansgoed in die gate waar hy al byna twee jaar lank wegkruip. Niks was ooit syne nie, het altyd niks gehad nie. Toe begin hy vat wat hy nie het nie. Penne. Potlode. Hy was 11, 12 jaar oud, in die skool nog. Toe word hy uitgevang, beland op straat, begin by huise inbreek en van daar net erger. Hy maak ’n voorbeeld van hom, het die landdros gesê toe hy hom vonnis. Voorbeeld vir wie, het hy gewonder, en wat het hy in elk geval gehad om vir iemand van sy lewe te wys? Niks...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Om te oef of nie te oef nie
Die dag van die taxi’s – nie
’n Talent vi suffering
Die beste wat dié ma vir haar seun kon doen
’n Storie so nodig soos ’n stukkie brood
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.