’n Storie so nodig soos ’n stukkie brood

DIE JONGKLOMP EN HUL TAAL

’n Storie so nodig soos ’n stukkie brood

Op ’n dag soos dié, in ’n land soos dié, het sy ’n storie soos dié, een wat dalk te goed is om oorvertel te word, bitter nodig, sê ANASTASIA DE VRIES. Daarom vertel sy dit.

MOEDER, moenie my soek nie, nie môre nie, laat weet EieKind verlede Vrydagaand. Sy gaan burgers flip, sê sy. Ek vra nie in nie, dink dis weer een of ander obskure metafoor waarvan ek liewer nie die betekenis moet weet nie, laat weet net “oukei” terug. Die jongklomp en hul taal tog. Tot die volgende dag: “My rug is af. Die lyf van my is nie gemaak vir burgers flip nie!” ’n Ma se hart kan ook net soveel vat. Wat virre onheilige ding is burgers flip, skryf ek terug, salwende woorde vir ’n afrug en seer lyf skoons vergete.

Sy lag toe sy dien en dadelik bel. Jinne Ma, jy darem. Die burgers is om te verkoop, vir geld vir Undria Cornelius se meisiekind wat China toe gaan. Dit lyk die hele Dal (Cloetesville, Stellenbosch) staan voor die deur; hulle kan nie voorbly met die burgers nie, maar flip sal hulle flip. Ondersteuning in oorvloed en die mense is trots. Nog skaars 10 jaar oud, dié meisiekind van Undria, met enkele maande van die Chinese taal en kultuur agter die rug en daar gáán jy, Caryn Cornelius. Verower op 16 Junie die eerste plek in die kategorie vir laerskoolkinders in ’n vaardigheidskompetisie, bekend as die “Chinese Bridge” aangebied deur die Chinese ambassade en die Confucius-stigting in Suid-Afrika. Altesame 17 universiteitstudente en hoër- en laerskoolkinders uit Confucius-institute of skole landwyd het deelgeneem.

Hoekom weet ek dan nou eers hiervan, vra ek. “Tussen al die smetstories deur is sommige stories dalk net te goed om oorvertel te word,” sê die kind van my. Uhm, sê ek, en nou verlang ek na die Pearl S. Buck-trilogie wat ek as kind flenters gelees het, The Good Earth, Sons, A House Divided, so behep was ek met China. Ek onthou hoe ons ons verbeel het ons praat die Chinese taal wanneer ons die klanke nagemaak het wat ons in die movies gehoor het. So en so, demonstreer ek. “Nee wag,” keer Kind, “daai kind praat nie tjieng-tjong nie. Sy maak regte rys! En sy verstaan wat sy sê. Ek stuur vir jou ’n video, dan kan jy met jou eie ore hoor.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.