ONS/HULLE-SINDROOM
Mich hat Auschwitz nie verlassen
Haatveldtogte vir politieke verdeling of eksklusiewe gewin moet elke keer ontbloot word vir die leuen wat dit is. Indien nie, het dit die potensiaal om katastrofes in die toekoms te veroorsaak, skryf DAN BADENHORST.
ONS/HULLE-SINDROOM
Mich hat Auschwitz nie verlassen
Haatveldtogte vir politieke verdeling of eksklusiewe gewin moet elke keer ontbloot word vir die leuen wat dit is. Indien nie, het dit die potensiaal om katastrofes in die toekoms te veroorsaak, skryf DAN BADENHORST.
Deel
DIE bedreiging van anargie weens wanbestuur, korrupsie, misdaad, gebrekkige dienslewering en gierigheid neem soveel aandag in beslag dat daar min gepraat word oor die gevaar van ’n georkestreerde ideologiese skeiding wat deur haat gerugsteun word. Veral as dit met verborge magsugtige bybedoelings gepaard gaan om die massas met vrees te onderwerp en bestaande samehorigheidsgevoelens ongedaan te maak. Die geskiedenis leer ons dat haat wat met kunsmatige vrees tussen rasse-, geloofs- en ander groepe opgestook word, die potensiaal het om katastrofes in die toekoms te veroorsaak.
Om haat te kan weerstaan, moet jy weet wat die aard en omvang daarvan is. Anders as blote wantroue, afkeer, wrok of wrewel is dit ’n sentiment waarin boosheid inherent verbode is. En wanneer dit van ’n persoonlike vlak van vergelding verpolitiseer word na ’n ideologie, is daar geen sprake meer van redelikheid nie.
Die skrywer en TV-persoonlikheid Stephen Fry het in ’n onderhoud met die Holocaust-oorlewende Anita Lasker-Wallfisch gepraat oor die betekenis van hierdie boosheid. Sy het Auschwitz oorleef as ’n tjellis in die kamp se vroueorkes en moes onder meer een keer Träumerei van Robert Schumann vir van die wrede, monsteragtige gruwel en psigopaat dr. Josef Mengele speel. Toe Fry haar vra of hy haar bedank het, het sy geantwoord: “Did he thank me? Oh, you poor man. You still don’t really understand. Do you thank your telephone after you have used it? Do you thank your music system? Do you thank your dishwasher? We were not people! We were Untermenschen, subhuman. You do not thank an animal or a machine.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Om te besef: Auschwitz macht frei
SA se diep geskiedenis vertrap
Te hel met die onverdraagsames
Oor politieke (in)korrektheid en ander dinge
Malema en AfriForum: ’n kloof van wanbegrip
Deel
-
Deel
Dan Badenhorst
RegskennerDan Badenhorst het 10 jaar gelede afgetree as prokureur en het in immateriële goederereg gespesialiseer. Hy woon nou in Stilbaai.