TERWYL ek vanuit Oos- en Suidoos-Asië begin terugkeer huis toe, dra ek ’n gewig van vrae, idees, historiese verwysings en merkers van identiteit, ’n gevoel van tuishoort en nie tuishoort nie, ontworteling, ballingskap, erfenis en die trots van die mense van die Koreaanse skiereiland suidwaarts, oor Taiwan, die Filippyne, Kambodja, Viëtnam en Maleisië na Pamana, die suidelikste eiland van die Indonesiese argipel. My grootste belangstellings – globale, historiese en sosiale verskuiwings op lang termyn – is ook die afgelope sewe maande beduidend versterk en verstewig.
Dit gaan nietemin oor die plek, mense, gemeenskappe, geskiedenis en herinneringe wat in die geboude omgewing beliggaam is, asook in die oorgange van een “beskawing” na die volgende, met verloop van tyd.
Ek dink spesifiek daaraan, terwyl ek terugkeer, dat buiten vir die mees afgeleë dorpies in die diepste deel van die Borneo-woud, of die mees geïsoleerde bewoonde eilande in hierdie argipel van sowat 18 000, daar nog altyd ’n bestendige, betroubare stroom elektrisiteit was. Ek keer egter met ’n mate van ergerlikheid na Afrika se Mees Gevorderde Politieke Ekonomie™ terug...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.