Oor Lisa Marie, Gerrie, en ander bewysstukke van gister

STRYD VAN INTERNE GODE

Oor Lisa Marie, Gerrie, en ander bewysstukke van gister

Geliefde openbare figure dien as ’n vaste verwysingspunt vir herinneringe van ’n sekere ouderdomsgroep, maar sterf vanuit die perspektief van hulle aanhangers uiteraard al hoe meer en vinniger uit soos die tyd aangaan, skryf LOUIS AWERBUCK.

DIT is skaars 2023. Teësinnig worstel ek deur die oggend se nuusberigte, vasgeknel tussen twee interne gode wat gelyktydig gedien wil word. Die een beywer hom daarvoor om ingelig te bly en darem min of meer te weet wat in die wêreld aangaan, die ander woeker vir ’n mate van interne vrede en wil nie meer te doen hê met berigte oor swaarkry, ellende en verlies nie. Op hierdie spesifieke oggend wen die God van Nuuskierigheid, maar ek berou dit vinnig met die verneem van Lisa Marie Presley se skielike dood aan ’n hartaanval. Ons is dan ewe oud! Opsluit onthou ek die Convair-straler in Memphis waardeur ek met ander sweterige toeriste gedrukgang het. Lisa Marie se pa het dié straler in 1975 gekoop en versier met haar naam in krul-letters, goue toilette, suède-stoele en 24-karaat-bespikkelde wasbakke. Die vliegtuig en Graceland het soos die 1970’s gevoel: dekadent lekker, maar iets is fout daarmee. Ek onthou die hartseer wat om Elvis se graf in Graceland gedrapeer was.

Gerrie Coetzee, tref die volgende berig. Ag nee, nie hy ook nie. Nie op ’n skamele 67 nie. Verlede jaar het onder andere Pelé, Sidney Poitier, Olivia Newton-John, Eric Nobbs en Barry Ronge ons huidige bewussyn verlaat. Hulle was, soos Gerrie, maar net altyd daar. As laerskoolkind in die laat 70’s en vroeë 80’s was hulle my konstante, gerusstellende gesigte wat tuis was op Huisgenoot se binneblaaie en Rapport se agterblaaie. Hulle het eers op swart-en-wit TV-skerms, en later kleur- en plasmaskerms, bestendigheid aan die volk se voorkamers en kollektiewe bewussyn verskaf.

Laas jaar het ook die onwerklike afsterwe van koningin Elizabeth meegebring. “Daar was iets bemoedigends aan haar,” sê vriend Gert. “Hulle kap in ons woud,” sê vriendin Frandi. Met elke bekende tak wat in ons gesamentlike woud uitsterf, vermeerder die potensiaal dat die ander privaat herinneringe wat saam met hierdie bekende name verweef is in spesifieke tydperk-taferele kan geheue-glans verloor. Soos ’n foto wat verdof as mens nie oppas nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.