Tussen Malema en AfriForum gaap ’n kloof van wanbegrip en misverstaan

‘KILL THE BOER’ IN KONTEKS

Tussen Malema en AfriForum gaap ’n kloof van wanbegrip en misverstaan

Sy hart is by die kwesbare gesinne op plase, skryf PIET CROUCAMP, maar Julius Malema se verweer in die ‘Kill the boer'-hofsaak het die integriteit van swart mense se werklikheid in Suid-Afrika.

EK het nie die laaste paar dae na die hele haatspraak-hofsaak teen Julius Malema, leier van die EFF, geluister nie. YouTube en Twitter was my primêre bronne terwyl ek in Woensdagnag se donkerste ure sin van die dag se gebeure probeer maak het.

Daar is byna altyd iets verontrustend wanneer ’n swart man homself polities in ’n hof moet verduidelik. Misdaadsake is maklik, maar die post-traumatiese spanning van wit teen swart in die regbank knaag aan ’n rou senuwee. Die wit, welsprekende regsverteenwoordiger in die donker, koloniale gewaad wat moeisaam ’n regsaak teen ’n swart politikus konstrueer, is benouend.

Hoe langer die nag geword het, hoe meer het ek besef wit Suid-Afrikaners se morbiede fiksasie en soms rassistiese nydigheid jeens die EFF gee nie net politieke suurstof aan Malema nie, maar ook bestaansreg aan die idees wat hy en sy party verteenwoordig. Soms is Malema verkeerd, maar soms is hy reg. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.