Politieke Notaboek | Skommel daai dice en skiet ’n mossie

DRAMA-DRAMA

Politieke Notaboek | Skommel daai dice en skiet ’n mossie

MAX DU PREEZ skryf oor Gwede se middelvinger vir Cyril, Fikile se dwarsklap na Gwede en Cyril se snotklap vir Paul. Hy skryf ook oor Busi en Dali se nimmereindigende sirkus en vertel van die mossie wat Mandela doodgeskiet het.

DIE ANC se interne dramas kan ’n oulike bordspeletjie uitmaak.

Rol die dobbelsteentjie. Dit val op 5. Skuif Khumbudzo Ntshavheni nóg nader aan Cyril Ramaphosa, verby Mondli Gungubele. Rol weer – 2. Skuif Naledi Pandor al verder weg van die president af. Rol: 1. Fire Bheki Cele, of klap minstens die hoed van sy kop af. Rol weer. As die steentjie op sy skerpkant land, kan jy Cyril se woordvoerder, Vincent Magwenya, begin ernstig opneem.

’n Volle 6 laat Gwede Mantashe die middelvinger vir Cyril wys. En die 3 daarna beteken Fikile Mbalula probeer weer vir Mantashe van sy blokkie af stamp. Twee sesse en jy gooi Paul Mashatile van die bord af. Maar jy sal drie sesse in ’n ry moet gooi voor jy vir Cyril enige plek heen kan skuif...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.