Taal, poverty en fear: ’n talent vi suffering

MUTTER, ICH BIN DUMM

Taal, poverty en fear: ’n talent vi suffering

NATHAN TRANTRAAL het uit verskeie oorde groot lof gekry vir die lesing wat hy verlede week by die Universiteit van Wes-Kaapland as vanjaar se houer van Jan Rabie en Marjorie Wallace se skrywersbeurs gelewer het. Hier is sy volledige toespraak.

Dankie

Ek dink it is traditional omme lesing soes die te eindig met dankies, maa as ek dai doen, gan ek die lesing doen mette overwhelming burden wat rus op my. ’n Burden, omdat my hart swaa is van dankbaarheid. Soe lat ek begin dee dankie te sê.

As ôs annie hanne dink wat ôs geshape et, het ôsie neiging om te dink an vinges wat ôs mold soes klei. Maa ek dink it is meer soese dripping kraan watte shape carve inne klip in tyd. Ôs wôd gevorm dee allie hanne wat an ôs raak, vi goed of kwaad. Is klein actions, ’n vinge hie, ’n palm daa, ’n push vorentoe en een agtentoe. It begin vi my mette ouma wat haa hanne op my lê in gebed. Ennie imprint van liefde op my los. It gan an mette pa wat sy hanne op my lê in anger ennie mark van fear op my los. It gan an mette ma wat haa liggaam en haa spirit innie palms van haa hand hou, soedat haa ungrateful kinnes daa aan kan iet. En dai hette mark van gratitude op my gelos. It gan an mette ouer broe wie my geleerit dat om gras te sny dieselle is soes om art te create. In ôs hanne lê die power van creation en destruction. Wat ôs anraak moet ôs met care anraak. My vrou en partner, wies se lang beautiful vinges dee Michelangelo of Raphael kon gepaint was, se hanne is medisyne, alwyn en kamfer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.