Ons blyplek is beter met eish, ja, en sommer baie daarvan

'N STELSEL WAT IN DUIE STORT?

Ons blyplek is beter met eish, ja, en sommer baie daarvan

’n Bitter vreemde ding is in Antarktika aan die gebeur, skryf WILLEM KEMPEN.

 EEN van die redes waarom jy hierdie lees, is moontlik dat die woorde “klimaat" of “klimaatsverandering" nêrens in die opskrif of in die lokteks verskyn nie. Dis doelbewus so, want die syfers wys dat baie lesers belangstelling verloor as hulle daai woorde sien. Hoekom sou dit wees?

Almal praat graag oor die weer, maar die entoesiasme neem nogal kwaai af as dit by die klimaat kom; dit wil sê die weerpatrone oor 'n langer tyd. En hoe langer die tyd wat ter sprake is, hoe komplekser word die onderwerp en hoe moeiliker word dit om hoegenaamd enigiets vir seker te weet. Ten spyte van dié kompleksiteit is ons lief daarvoor om almal in kampies te verdeel wat dinge eenvoudig laat lyk: Dié een is 'n “groene", daai een is 'n “environmentalist", nog een is 'n “climate-change denier". Een sê ons is op die rand van 'n katastrofale breekpunt wat die einde van die mens se bestaan op aarde kan beteken, 'n ander een sê die planeet se klimaat het nog altyd oor tyd verander, of dat die bykomende CO2 wat sedert die Nywerheidsrevolusie die lug in gestuur word, beswaarlik 'n verskil aan ons uiteindelike lot kan maak. 

Die eerste groot rede waarom mense nie graag oor klimaatsverandering lees nie, vermoed ek, gaan oor daardie “verskil maak". Ja, jy kan jou koolstofvoetspoor probeer verklein deur dinge soos om afval te herwin, of meer plaaslike produkte te koop, of minder vleis te eet (hi daar, PollyHannelore), maar die meeste van ons wonder maar of “elke bietjie help" regtig waar is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.