10 redes hoekom ons moet wakker skrik oor klimaatsverandering...

BRANDPUNT

10 redes hoekom ons moet wakker skrik oor klimaatsverandering (veral in SA)

’n Nuwe verslag oor aardverhitting sê dat Suider-Afrika teen ’n baie hoër tempo verhit as die res van die wêreld, en dat ons dringend aandag moet gee aan ons ‘klimaatskwesbaarheid’. Suid-Afrika is vandag tussen 1°C en 2°C warmer as voor die industriële revolusie. ANNELIESE BURGESS gesels met die klimaat-ekonoom Brent Cloete, wat vra: ‘Hoeveel fratsgebeurtenisse moet daar nog wees voordat ons besef daar is nie meer twyfel dat klimaatsverandering gebeur nie, maar dat dit ’n onteenseglike werklikheid is?’

Die Climate Vulnerability Monitor (CVM) konsolideer die nuutste navorsing van wetenskaplike literatuur oor klimaatsverandering. Brent Cloete se verslag vir Economic Research Southern Africa (ERSA), een van die medewerkers aan die sogenaamde CVM3-verslag, is een van die heel eerstes wat die soeklig spesifiek op Suider-Afrika plaas. Ons moet nou dringend na hoë vlakke van gereedheid beweeg sê Brent Cloete. Hier is hoekom.

#1 Klimaatsverandering versnel vinniger in Suider-Afrika as op ander plekke.

Wêreldtemperature het reeds met 1.1°C gestyg. Verdere klimaatsverandering is onafwendbaar, en met elke fraksie waarmee dit opgaan, raak die uitdagings ernstiger. Daar is tans drie wêreldscenario’s vir aardverhitting: 1.5°C, onder 2°C, of die ekstreme scenario waar verhitting na 3.6°C (of hoër) styg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.