DIE hele blik wurms het uitgepeul in ’n onlangse dringende hofaansoek deur die families van twee ontvoerde Ethiopiese mans. Een van die mans is verlede jaar deur die VSA gesanksioneer en geswartlys weens sy steun aan die Islamitiese Staat (IS).
Abdella Hussein Abadiga bly reeds sedert 2009 in Suid-Afrika nadat hy as Ethiopiese vlugteling asiel gekry het. Nadat die Suid-Afrikaanse owerhede ’n vlugtelingpaspoort aan hom uitgereik het, het hy glo steeds volstoom met sy aktiwiteite in lande soos Sirië en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) voortgegaan.
Die internasionale fokus op Abadiga (in sy paspoort is sy van Abadigga) het verskerp nadat die VSA hom en nog drie ander IS-verdagtes gesanksioneer en hulle finansiële en ander steun aan IS uitgespel het. Die beweerde ontvoering het op 29 Desember in die Mall of Africa in Midrand gebeur...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.