Om te oef of nie te oef nie

G’N LAGSAAK NIE

Om te oef of nie te oef nie

Sy was veronderstel om kwaad te wees, maar toe sit sy in ’n kring saam met ’n Afrikaanse ‘Turkse sepie’-community en lag die dag om, vertel ANASTASIA DE VRIES.

GEE dat ek nooit ophou lag nie. Die gebed van ’n skuldige. Ek is ’n kwaad mens, leef in woedende tye in ’n land vol kwaad mense. Dit smeer af aan ’n mens. En dit, liewe mense, is nie ’n lagsaak nie. Salig is ek dan wat vir ’n wyle kan ontsnap, rustiggies hier in ’n kring terwyl diese ekke ongemerk sit en mense kyk en varkoor gooi.

“Hier” is die munisipale kantore op ’n groter buurdorp. Ek is ’n vreemdeling aan hulle poorte, kwaad vir die soveelste fout op ’n rekening wat ek al 112 keer tevore probeer regstel het. Ek is nie hier vir geselsies nie. Mens moet kwaad lyk as jy kwaad is. Oeffff, sê iemand. Oef. Oef. Oef, eggo die kring. As sy vandag nie regkom nie, skop sy ’n leë blik straat-op, alliepad huis toe, sê die eerste Oef. As sy nog een keer “oef”, oef sy haar sommer die straat op, sê ’n ander.

Taal is darem ’n wonnerlike ding, sê ek voor ek myself kan keer, ek wat veronderstel is om kwaad te wees. Hier oef hulle nou kompleet soos die Turke op die TV, “oef” wanneer hulle moedeloos is, “oef” wanneer hulle kwaad is of gewoon net omdat oef die woord is wat elke emosie moet dra. Oef as werkwoord? Ook dit kan nou in Afrikaans. Om iemand te oef .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.