Wee die wewenaars wat vinniger as weduwees wil wees

SORG VIR JOUSELF ;-)

Wee die wewenaars wat vinniger as weduwees wil wees

Tussen skelms, swendelaars, seksuele bevryding en die skeistatistieke moet ’n wedevrou mooi dink voor sy haar weer in ’n verhouding begewe, sê INGRID JONES. Die liefde kan 'n vrou net so ver vat.

WAT verwag mense van ’n weduwee? Wat verwag mense van ’n wewenaar? Ek gaan nou nie hier in die geslag-versus-seks-debat vasgevang word nie, ek gaan my hou by my lees. Ek is ’n vrou wat met ’n man getroud was en ek het ’n baarmoeder wat ’n kind kon baar. Die ekke is nou ’n wedevrou wat deur die omstanders so verklaar is, want dis hoe ons grootgemaak is. My swaer het dit onomwonde só aan my gestel ná die onlangse dood van my wederhelf toe ek dalk te jubelend aangekondig het dat ek nou enkellopend is. Ek dog dis geslagsneutraal, maar toe nou nie. En, voeg hy by: “Die lyk is nog nie eens koud nie.”

Ek is nou in die sestiger-ouderdomsgroep, waar mense begin doodgaan, in die gevalle waar dit ouderdomsverwant is. Dit beteken dat ek meer as gereeld simpatiseer en begrafnisse bywoon. Behalwe vir die roomhorinkies wat by die elke bruin begrafnis se na-trane-byeenkoms die beste ding sedert spoeltoilette is, word die kroon nou gevat deur die gesprekke oor wat gebeur met die agtergeblewenes, spesifiek die weduwee of wewenaar.

Dit blyk dat menings verdeeld is. Die vroue in die ouderdomsgroep het grootgeword onder die indoktrinasie van die samelewing dat hulle eintlik maagde moet bly, saam met hul mans in die graf moet spring en vir die res van hul lewe selibaat moet bly. In die gesprekke praat die vroue maar min, sit skaam en luister na die gesprekke of dra tee en roomhorinkies aan. Hulle is ook deeglik bewus daarvan dat hulle nou Delila-status bereik het, want ons is mos nou kwansuis agter elke gulp aan. Jy kan eintlik sien hoe trek hulle hul boepmaagwederhelftes nader net in geval dié dalk sou vra of jy dalk iets sterkers as ’n koppie tee wil hê. Delila!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.