Die verlate eiland van ’n sekslose huwelik

SOS

Die verlate eiland van ’n sekslose huwelik

By sowat een in vyf huwelike het seks lankal die vertrek verlaat, en omdat mense meestal dink dat hulle die enigstes is wat hiermee worstel, is sekslose huwelike een van die eensaamste en bes bewaarde verhoudingsheime. ANNELIZE VISSER gesels met ’n seksuoloog en deel raad.

Vaagweg het sy geweet dat sy op die een of ander manier uitmekaar val. Vaagweg het sy geweet sy is afgesluit: Sy het uit voeling geraak met die wesenlike en lewende wêreld. Daar was nou niks meer as hierdie leë trapmeul van wat Clifford die geïntegreerde lewe noem nie, die lank saamleef van mense wat in die gewoonte is om saam met mekaar in dieselfde huis te woon nie. Sy was oud; ’n miljoen jaar oud, het sy gevoel. En uiteindelik kon sy die las van haarself nie meer verdra nie.

Hierdie triestige gedagtes, wat ek met apologie aan D.H. Lawrence uit verskeie aanhalings saamflans, behoort aan die voormalige Constance Reid, nou lady Chatterley, die letterkunde se mees bekende betrokkene by ’n sekslose huwelik.

Gelukkig vir Connie wag daar ’n wildopsigter in die woud, en dis die eksplisiete beskrywings van haar seksuele verhouding met Oliver Mellors – en die ontsluiering van vroulike seksuele begeerte – wat Lady Chatterley’s Lover so ’n omstrede en invloedryke boek sou maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.