Is cool en sexy sinonieme?

LIEFLINGE

Is cool en sexy sinonieme?

DEBORAH STEINMAIR probeer die X-faktor definieer, soos uncool mense graag doen.

DAAR is mense wat die aarde bewandel en die aarde reik op om hulle te omhels. Hulle is die kosmos se gunstelinge, gebaai in ’n goue lig. Ek praat nie van kalklig of Photoshop-filters nie. Party mense het ’n sekere aura wat hulle volg soos ’n kollig. Hollywood se beeldpoetsers bestee fortuine daaraan om sulke lieflinge te skep, maar as die persoon nie in die eerste plek daardie X-faktor gehad het nie, is dit tevergeefs. Skoonheid is nie naastenby genoeg nie.

Hoe definieer ’n mens die ontasbare? Dis veel meer as sex appeal, want cool mense is ook aantreklik vir diegene wat nie tot hulle geslag aangetrokke is nie. Susan Sarandon moes Catherine Deneuve soen in ’n fliek. Toe ’n joernalis vir Susan vra hoe dit was om ’n vrou te soen, antwoord sy: Wie sal nou nie vir Catherine Deneuve wil soen nie?

Ek dink die grootste deel van die X-faktor is om nie te hard te probeer nie. Daar is iets moeiteloos aan cool mense. Miskien is dit nie dat hulle nie probeer nie, bloot dat hulle dit beter wegsteek. Desperaatheid is onaantreklik. In die jeugfliek Juno sê die titelkarakter vir haar bestie hy is die coolste seun in die skool, sonder dat hy eens probeer. En hy antwoord: O, ek probeer baie hard...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.