Portret | Hoekom die Franse so graag hulle hande op DStv wil slaan

WIE IS CANAL+?

Portret | Hoekom die Franse so graag hulle hande op DStv wil slaan

Die dae is lankal verby dat DStv oral in Afrika vet winste kon maak uit kykers wat nie veel van 'n alternatief gehad het as hulle die beste internasionale sport en vermaak op TV wou sien nie. Waarom is die Franse besigheid Canal+ dan so gretig om MultiChoice oor te neem? vra WILLEM KEMPEN.

TOE M-Net in 1985 die lig gesien het, kon Suid-Afrikaners vir die eerste keer dinge op TV sien wat nie regstreeks deur PW Botha en die SAUK beheer is nie. 'n Jaar later is SuperSport onder M-Net se vaandel begin; nog twee jaar later het Carte Blanche 'n einde gemaak aan die idee dat aktualiteitsprogramme nie deel van 'n privaat-betaalkanaal se aanbod mag wees nie.

Toe is MultiChoice tot stand gebring om min of meer die administratiewe kant van die besigheid te bestuur; uiteindelik sou dit die naam van die sambreel wees waaronder al dié besighede saamgesit is. Onder hulle is DStv, wat begin is as een van die eerste besighede ter wêreld buite die VSA wat satelliet-tegnologie vir die verspreiding van televisieseine gebruik het. Teen 1995 het MultiChoice Africa kantore oopgemaak of franchises begin in lande soos Namibië, Botswana, Ghana, Nigerië, Tanzanië, Uganda, Kenia, Zimbabwe, Angola, Mosambiek en so ver noord soos Ethiopië.

Met Naspers se geld agter hulle het MultiChoice een van die eerste Suid-Afrikaanse besighede geword wat op groot skaal sukses op die res van die vasteland behaal het. Vir meer as 'n dekade was dit 'n kontantkoei sonder noemenswaardige mededingers wat Naspers se aandeelhouers ryklik beloon het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.