Die voorverkiesings-oorlogsmis

GROEI-STRIKVRAAG

Die voorverkiesings-oorlogsmis

PIET CROUCAMP gesels met Rise Mzansi se sakesektor-koördineerder, Nick Binedell, oor Songezo Zibi, koalisies en hoe om Suid-Afrika reg te ruk.

NICK BINEDELL is 'n professor in strategie en leierskap aan die Gordon Institute of Business Science. Hy is 'n lid van die Defend our Democracy-sekretariaat en 'n trustee van die Helen Suzman-stigting. En, soos soveel Suid-Afrikaners, het hy besluit dat Suid-Afrika gered kan word, beter leierskap verdien en die moeite werd is om voor te veg.

Ná ’n koppie koffie saam met die voormalige redakteur van Business Day, Songezo Zibi, het Binedell die sakesektor-koördineerder vir ’n nuwe politieke party, Rise Mzansi, geword. In “die mis van oorlog”, soos Binedell verwys na die dae in die aanloop tot Woensdag se nasionale en provinsiale verkiesings, is dit moeilik om sin te maak van die beleidsverskille tussen die 70 geregistreerde politieke partye. Ek het besluit om hom uit te vra oor sommige van die sleutelvrae wat kiesers Rise Mzansi sal vra. Wat ek veral verfrissend gevind het, was die integriteit waarmee hy gereeld geantwoord het: “Ek weet regtig nie."

PC: Gaan jy parlement toe as Rise Mzansi genoeg stemme kry?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.