Deddie en die ANC

DIE STRUGGLE VOTE

Deddie en die ANC

MERCY KANNEMEYER worstel met haar voorouers se komplekse verhouding met die ANC.

VERKIESINGSTYD lyk ons straat soos 'n jolly kerkbasaar. Die bakkies met luidsprekers ry 5,5 km/h in die strate op en af terwyl struggle-liedere uitgebasuin word. Kinders hardloop agter die struggle-liedere aan totdat hulle ma’s of anties hulle huis toe roep. T-hemde wat oor die jare vorentoe vloerlappe gaan word, word uitgedeel en kospakkies staan die kaste vol.

Onse huis is opgedress en uitgeturn in geel en groen. O nee, nie vir die Bokke of so nie, maar vir die ANC. My ouers se stem is g’n geheim nie. Ek praat van ANC-lappe wat oor ons heining hang. ANC-vlaggies wat in ons gras geplant word. My ma was in 1994 swanger met my toe sy vir die eerste keer haar kruisie gaan trek het, so saam met die ANC-feesvieringe is swangerskapfoto’s sommer ook uitgestal!

My pa het een jaar tot my ma se ontsteltenis selfs so ver gegaan om die voorkant van ons huis te laat oorverf om soos die ANC-logo te lyk. Die kunstenaar was 'n amateur. Met sy gr. 9-kennis van kuns en kultuur laat hy toe die spiesgedeelte van die logo effe fallies lyk, maar shame, sy hart was op die regte plek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.