’n Duiwelsfees van teenstrydighede

DIE GROOT ONSEKERHEID

’n Duiwelsfees van teenstrydighede

Die Afrikanerverklaring wat inplof, MK wat baklei, koalisiekomplotte en -verbeeldingsvlugte ... politieke ontleders sukkel om die kristalbal vir die 29 Mei-verkiesing te lees, sug PIET CROUCAMP.

EK word van tyd tot tyd genooi om by kerke, sakekamers of groepe met landbou-belange te gesels oor die Suid-Afrikaanse politiek. Veral nou, in die aanloop tot die verkiesing, is daar 'n dringende behoefte aan beter begrip midde die onsekerheid van verkiesingspolitiek. Maar die teenstrydighede teister nie net Suid-Afrika se meer as 40 miljoen stemgeregtigdes nie, ontleders sukkel ook om sin van die vloeibaarheid tussen feit en fiksie te maak. 

'n Week gelede was die Afrikanerverklaring teenoor die ANC-regering groot nuus. Afriforum het dié inisiatief sedertdien vir alle praktiese doeleindes doodgesmoor. 'n Week gelede was die uMkhonto we Sizwe Party (MK) Suid-Afrika se “black swan”-geleentheid. Nou herinner die bloedige binnegevegte in die party aan Bob Dylan se “It’s allright ma, (I’m only bleeding)” en die legendariese sanger se onsterflike woorde, “He not busy being born, is busy dying”. En wil die DA regtig Suid-Afrika se vlag aan die brand steek om 'n punt te bewys?

Die standaard-vrae by georganiseerde gespreksgeleenthede is: Maar wat gaan die waarskynlikste uitslag ná 29 Mei wees? Gaan die ANC, die EFF en MK 'n koalisie teen die res van Suid-Afrika vorm? Wat is die waarskynlikheid van geweld indien die ondenkbare gebeur en die ANC word ontwortel uit die Nasionale Vergadering en die Uniegebou?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.