Hallo. My naam is Max. Ek is woke

DIE NUWE HISTERIE

Hallo. My naam is Max. Ek is woke

MAX DU PREEZ is nie meer 'n libtard, 'n verloopte of 'n linkse lieplapper nie. Hy is sommer net woke. Wel, soort van. Vuka!

A, DIE nostalgie vir die goeie ou dae toe “politieke korrektheid” nog 'n ding was. Nou is alles wat sensitief vir ongeregtigheid en 'n skending van menswaardigheid is, alles wat empaties is, sommer net woke – tensy dit by jou eie denke/groep kom.

Woke het nou die mees oorbruikte politieke skelwoord geword. Jy sê nie meer iemand is 'n “linkse” of “libtard” nie, jy sê sommer net hy/sy is woke. Daai lekker ou smeerwoord van die ou dae, kommunis, werk ook nie meer nie, maar word weer ingesleep: wokeness is kwansuis kulturele Marxisme. Oom Karl draai in sy graf om.

Woke was aanvanklik swart Amerikaanse sleng vir “be awake”. Dit is al 'n halfeeu gelede tydens die veldtog vir swart burgerregte gebruik, maar dit is eers die laaste dekade gepopulariseer en 'n breër betekenis gegee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.