Iewers tussen woke en anti-woke is daar sinvolle antwoorde

POËTIES DOG ONSINNIG?

Iewers tussen woke en anti-woke is daar sinvolle antwoorde

In géén gesprek sal 'n miskenning van die feite en ondeurdagte veralgemenings ons iewers bring nie, skryf PIET CROUCAMP.

DAAR is heelwat geldige kritiek op akademiese instellings wêreldwyd se sogenaamde ivoortorings, maar soms het kritici ook maar die kat aan die gat beet. In 'n meningstuk in 'n Sondagkoerant skryf 'n Suid-Afrikaanse digter: “Byna alle universiteite is nou kweekskole vir die woke-bediening.” Sy poëtiese wrewel is jeens Claudine Gay, voormalige president van Harvard (die digter verwys neerhalend na haar as die “koningin van die Amerikaanse akademie”) wat in die voorafgaande dae uit haar pos bedank het ná 'n vlaag bewerings op die konserwatiewe webwerf The Washington Free Beacon (https://bing.com/alink/link?url=https%3a%2f%2ffreebeacon.com%2f&source=serp-rr&h=75lXWpqBIRGM5%2faippY8GhbfthfldyUsiR7Oy72%2bAB8%3d&p=kcoffcialwebsite) dat sy akademiese plagiaat gepleeg het.

Oproepe vir Gay se bedanking het verskerp ná haar en die presidente van MIT en die University of Pennsylvania se getuienis op 5 Desember voor die Amerikaanse Kongres. Die verhoor het in die konteks van die Israel-Gaza-konflik en bewerings van anti-Semitisme op Amerikaanse universiteitskampusse plaasgevind. Gay en haar kollegas het inderdaad toondoof en polities stom vertoon, en veral uit regse geledere het die maniese kritiek op Gay die redeloosheid van 'n bloeddorstige gepeupel gehad.

Die wrewel jeens Gay, soos in die geval van die plaaslike meningstuk waarna ek bo verwys, het bitter min met die meriete of konteks van haar uitsprake te doen gehad. In 'n poging om haar te stenig word die kompleksiteit van die gesprek gereduseer tot: Die “koningin van die Amerikaanse akademie” is aangestel “omdat sy 'n swart vrou is”. Ek wonder soms hoeveel emosionele geslagsgeweld op swart vroue word gemotiveer deur rasvooroordele. Nie een van Gay se twee wit eweknieë het soveel nydigheid ontlok nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.