Ek slaan my oë op na die NG Kerk; waar sal my hulp vandaan kom?

EEN LIGGAAM, EEN GEES

Ek slaan my oë op na die NG Kerk; waar sal my hulp vandaan kom?

Soos altyd wanneer die Nederduitse Gereformeerde Kerk se algemene sinode vergader, het ALBERTUS VAN WYK ’n oog op die nuusberigte gehou. ’n Dominee se kind kan die kerk verlaat, maar die kerk verlaat nie vir jou nie. Hy’s verbaas om te sien dat eenwording tussen die wit NG Kerk en die swart Verenigende Gereformeerde Kerk ’n tanende tema is.

’n SMALENDE wit libertyn het paar jaar gelede vir my gesê al die Afrikaanse dominees se kinders van ons generasie wat hy ken, het liberals en lefties geword.

“Ek weet hoekom dit so is,” het dié jagveld-filosoof verklaar, “want hulle is meer geneig tot white guilt, jy weet. Gewoonlik saggeaarde tipe mense wat in gemak grootgeword het, in ’n wêreld waar soveel gepraat is oor die sondes van die vaders wat besoek word aan die kinders, straf en vergelding en skuld en vergifnis.”

Ek het deur die jare met ’n wrang glimlag teruggedink aan hierdie “ontleding”, want ook ek is die produk van ’n pastorie, en ja wraggies, ook ek is in die oë van dié kalant ’n slappols- pienk liberaal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.