Max Price: Wat van ‘leading FOR change’?

#FEESMUSTFALL

Max Price: Wat van ‘leading FOR change’?

MARELI STOLP bekyk die troebel en turbulente onlangse geskiedenis van studenteprotes in ons land.

OP 23 Oktober 2015 het ek in Sunnyside gewoon, op die boonste verdieping van ’n gebou met ’n uitsig oor Pretoria se middestad; die Uniegebou na regs en die Voortrekkermonument na links. Hierdie Vrydag was die lug grimmig met swart rook; die strate ratelend met sirenes en flitsende ligte. By die Uniegebou het duisende studente gewag op ’n stelling van oudpres. Jacob Zuma rakende universiteitsgelde. Sedert die begin van daardie week het studente landwyd en in massas deelgeneem aan protesaksie teen ’n voorgestelde 10,5% toename in klasgelde.

Die gebeure van Oktober 2015 is vir geen Suid-Afrikaner onbekend nie. Die protes het by die Universiteit van die Witwatersrand begin, onmiddellik na al die kampusse in Suid-Afrika uitgekring, en op Woensdag 21 Oktober het studente voor die parlementsgebou in Kaapstad met hul protesaksie begin. Ons het almal gesien hoe hierdie jong mense met traangas en rubberkoeëls verdryf en met knuppels aangerand is.

Twee van die beskrywendste foto's van daardie enorme oomblik in ons geskiedenis bly vir my een van Blade Nzimande, veilig verskans agter die gebou se sekuriteitshekke, en ’n Anglikaanse priester wat ’n njala toegang verbied tot sy kerk, waar studente hulself teen die geweldsug probeer beskerm. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.