Endurance: ’n skeepswrak en ’n skatkis

DAPPER DROMERS

Endurance: ’n skeepswrak en ’n skatkis

MARELI STOLP bekyk Darrel Bristow-Bovey se storiereis vol digters, wetenskaplikes, die seeluiperd, ’n muggie wat die enigste dier is wat voltyds op land in Antarktika woon, Charlotte Brönte, Sara Wheeler, Bruce Chatwin, Roald Amundsen, Robert Scott, Peter Pan en vele meer.

EK vind die onderskeid tussen die Afrikaanse en Engelse woorde vir “geskiedenis” interessant. “Geskiedenis” klink vir my soos “dit wat geskied het”, iets wat gebeur het. ’n Optekening, dus, van dade, aksies en gebeurtenisse. Die Engelse woord “history” het egter ’n heel ander implikasie, as mens die oorsprong van die woord navors. “History” kom van historia, uit antieke Grieks: Dis die werkwoord vir “om te weet”; om op te tree ter wille van nuwe kennis en insig. Maar in die eerste plek: ’n narratief.

’n Storie, dus. Die Antieke Grieke het nie aan geskiedenis gedink as net ’n dokumentering of boekstawing van gebeurtenisse nie; hulle het geweet dat ’n daad sonder bykomende verhaal nie daadwerklik betekenisvol kan wees nie. Dis die stóries wat dít wat geskied het, laat voortleef.

Darrel Bristow-Bovey skep in sy merkwaardige boek Finding Endurance: Shackleton, My Father and a World without End ’n werk wat fyn balanseer tussen geskiedenis en storie – ook oorlewering, argief, beskrywing, wetenskap, wensverbeelding...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.