Seks, seksualiteit en die gryswêreld tussenin

TIENERFIKSIE

Seks, seksualiteit en die gryswêreld tussenin

NADINE PETRICK skilder ’n woordprentjie van die televisieman Louis Pretorius en sy eerste boek, Kompleks.

HIERDIE storie het nie regtig gebeur nie. Maar die essensie daarvan lê vasgevang in Potgietersrus. In die somervakansie van 1996.

Louis Pretorius, waarskynlik beter bekend as televisieman, praat oor Kompleks, sy splinternuwe eerste boek wat net nou die dag verskyn het. Dis ’n jeugroman, maar die term YA (die afkorting vir Young Adult Novel soos dit in lesersmond bekendstaan) beskryf die genre véél beter. Die boek is ook vir grootmense.

Louis is in Pretoria gebore, en ná ’n tydperk in Levubu en ook die piepklein Vivo, het die Pretorius-gesin na Mokopane, die destydse Potgietersrus, verhuis. Daar het hy mens geword. Hy was ’n nerd, erken hy. “Ek is maar nog steeds ’n nerd. ’n Goody two-shoes. Ek was skaam, stil, studious en soms te verantwoordelik,” lag hy breed. ’n Weird seuntjie op sy BMX op pad biblioteek toe. Hy was die een wat aan konserte deelgeneem en gesing en goed in kunswedstryde gevaar het. Hy was relatief oukei met sport, maar nie so goed soos wat hy wou wees nie. Krieket en tennis was sy ding, en op hoërskool het hy selfs diskus gegooi. “Enigiets om nie op die paviljoene te sit en sing nie.” Die eerste tekens van ’n ewige dualiteit binne hom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.