Papa se Berlyn in die dae van Hitler

OM GEHEIME OOP TE KRAP

Papa se Berlyn in die dae van Hitler

NADINE PETRICK het met Egonne Roth gesels oor die boek waarin sy na antwoorde oor haar herkoms soek.

DIS vreemd om te sit en luister na iemand wie se geskiedenis op vele vlakke met jou eie ooreenstem. Onthutsend, eintlik. Veral ook as jy pas die persoon se jongste boek gelees het en elke omgevoude bladsyhoekie aanduidend is van nog ’n raakpunt, nog ’n gedeelde sentiment en geografiese toeval, maar wat ook 101 van jou eie onbeantwoorde vrae eggo. Vrae oor die Tweede Wêreldoorlog, oorgeërfde trauma, die ewige soeke na waar mens nou eintlik inpas en die rol van geloof in ’n wêreld waar mens nie meer seker is of die Here nog ’n plek in jou hartjie het nie.

Hierdie is egter nie my storie nie; ek is nog nie braaf genoeg om my familiegeheime die wye wêreld in te stuur nie. Hierdie is Egonne Roth se verhaal en sy kuier vir ’n paar weke by haar dogter uit ’n warm Israel, natuurlik ook om haar boek bekend te stel. Die koue in die Kaap hinder nie, sê sy.

Eintlik is hierdie haar pa se Holocaust-storie, as jy die titel van die boek moet glo, maar tog ook nie. In die jare lange soektog, plaaslik en oorsee, na wie en wat Edgar Roth nou eintlik was voor en nadat hy in Suid-Afrika aangekom het, het Egonne Roth veel meer oor haarself vasgestel as waarop sy waarskynlik aanvanklik gereken het. Hierdie fassinerende tydsdokument het etlike dekades, met verskeie kinkels en draaie, geneem om uiteindelik sy finale gestalte te kry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.