Outofiksie ontlok ongeskikte voyeurisme

SLUITSTUK

Outofiksie ontlok ongeskikte voyeurisme

DEBORAH STEINMAIR het Johann Rossouw se nuwe roman gelees soos Grietjie wat 'n krummelspoor volg.

HOE meer ek lees, hoe duideliker word dit: Skrywers suig maar min uit die duim. Hulle skryf oor hulle en hul vriende se lotgevalle. Daar word wel dikwels by die waarheid gelieg, soos dit gebeur met die oorvertel van enige storie.

Outofiksie is deesdae ’n gonswoord, maar dis geen nuwe verskynsel nie. As jy biografieë of outobiografieë van groot skrywers lees, herken jy in hulle vriendekring en leefwêreld die karakters in hulle romans. Dit het al menige vriendskap laat skipbreuk ly. Lytton Strachey was nie meer welkom op die landgoedere van adellike kunsbeskermhere nie nadat hy hulle in sy werk hoogs herkenbaar vergat het. D.M. Thomas het graag historiese figure se lewensverhaal herskryf, soos dié van John F. Kennedy in Flying Into Love. Saul Bellow het die name verander en oor Delmore Schwartz geskryf in Humboldt’s Gift. Koos Prinsloo het die spot gedryf met ’n ouer Hennie Aucamp se eensaamheid en behoefte aan intimiteit en sommer Johannes Kerkorrel se naam ook met ’n plank geslaan, sodat hy ’n opstopper gekry het. Joan Hambidge se eksminnaresse is siedend oor hulle verskynings in haar boeke.

Ek verstaan waarom ’n mens outofiksie wil skryf. Jy stel jou kant van die saak. Niemand kan jou feite bevraagteken nie. Jy hoef nie ’n storie uit te dink nie. Jy kan lekker borduur. Ek het dit gedoen in my eerste roman, Marike se laaste dans, waar Marike de Klerk se spook ’n karakter is en ook Jeanne Goosen, na wie ek as Die Skrywer verwys het. Ek het dit gedoen om diskreet te wees omdat my kinders nog klein was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.