Biblioteek wat in die rondte tol

KLEIN BOEKBEDONNERD

Biblioteek wat in die rondte tol

DEBORAH STEINMAIR kan nie voorbly om te skryf oor al die boeke wat sy lees nie. Sy gee jou ’n deurloop.

MY droom het waar geword: Koeriers lewer stapels boeke by my hek af, gratis. Daar is eenvoudig te veel om ’n artikel aan slegs een boek te wy, daarom doen ek vandag ’n Boekbedonnerd. Sien dit as daardie staanders in biblioteke of videowinkels (onthou jy) wat jy in die rondte kan tol om die rugkante van heelwat titels te bestudeer.

As ’n mens soveel lees, vervloei die storielyne en karakters. Wat jy oorhou van ’n boek, is die essensie, soms ’n helder toneel of twee. Ek gaan skryf oor vyf boeke wat ek gelees het, sonder om weer na ’n agterblad te kyk. Net wat my bybly.

Op Kerneels Breytenbach se aanbeveling het ek Yellowface deur Rebecca Kuang gelees. Dis oor Juniper, ’n sukkelende skrywer wie se boeke wel uitgegee word, maar nie juis ’n rimpeling veroorsaak nie. ’n Universiteitskennis, Athena (van Chinese oorsprong) slaan wel die boerpot met haar eerste boek en word ’n rockstar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.