Die vuis in die lakens

HUISHOUDELIKE GEWELD

Die vuis in die lakens

DEBORAH STEINMAIR het toevallig vier boeke oor geweld in intieme ruimtes gelees – dis endemies aan ons land.

DIKWELS val daar toevallig ’n tema oop in die boeke wat ek lukraak optel en lees. Hierdie week was dit huishoudelike of geslagsgeweld.

Die statistieke is verdoemend, veral in ons land. En natuurlik vind hierdie terreur neerslag in romans. Dis interessant om te sien hoe verskillende skrywers dit vanuit verskillende hoeke benader. Al vier skrywers was, toevallig, vroue.

Betrayal deur Lesley Pearse handel oor ’n vrou wat haar wreek oor al die blou oë, gebreekte ribbes en steke in Ongevalle. Sy slaag daarin om weg te kom van haar man en uiteindelik word die gesin se woning hare, aangesien dit met haar erfgeld gekoop is en sy twee kinders het. Haar eksman is ’n ongekwalifiseerde buffel met min dimensie. Sy mangrot (’n houthuisie wat hy in die tuin laat opslaan het) is steeds op haar erf en sy moet die syhekkie ooplos sodat hy dit kan kom haal. Dit gebeur nie, maar een nag sien sy hoe hy die erf binnekom en, soos gebruiklik, in sy houthut gaan sit en begin suip. Toe dit weer gebeur (nadat hy die grasperk as toilet gebruik het), wag sy tot hy in die houthuisie aan die slaap raak, in sy leunstoel met ’n kampeerlamp. Sy sluip nader en stamp deur die venster die lamp met ’n houtlepel om, om hom ’n les te leer. Toe die hut in ligte laaie opgaan, neem sy aan hy het wakkergeskrik en weggekom. Sy bel die brandweer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.