EK lees graag krimi’s, waar menslike handeling sin maak en deeglik gemotiveer en uitgestippel is. Dan, eensklaps, lees ek S.J. Naudé se nuwe roman, wat meer van die leser verg. Dit vra dat jy jou oordeel ophef, dat jy onthou dat mense dikwels soos slaapwandelaars strompel en self nie kan verduidelik waarom hulle op ’n sekere manier optree nie. Dat hulle nie noodwendig inherent goed of sleg is nie, dat hulle waarskynlik nie eens goeie bedoelings het nie en tog soms die regte ding doen. En dikwels nie.
Daniël, die protagonis in Van vaders en vlugtelinge, is ’n Afrikaanse skrywer wat tussen Londen en Kaapstad rondtrek. Maar sy eintlike tuiste, waar hy ook nie juis tuis voel nie, is ’n plato van bevoorregting. Hy is afgesonder, eensaam, verveeld. In die Tate Modern-kunsgalery word sy ervaring van ’n kunstenaar se minimalistiese skilderye – “uitgewaste kleurstroke – of eerder, die lig wat déúr die haas afwesige pigment straal”, onderbreek deur twee ongepoetste Slawiese javels sonder kunswaardering. Hulle stel voor hy gaan drink liewer koffie saam met hulle. Hoewel hy weke uitgesien het na die uitstalling en die galery nog net ’n halfuur oop is (en hy het nog maar die eerste werk beskou) gaan hy saam met hulle, willoos, soos iemand in ’n droom. Dit vestig die toon vir die res van die boek.
Die twee Serwiërs, Oliver en Jugo, is ongekultiveerd en vermoedelik skurkagtig, maar hy raak intiem by hulle chaotiese lewe betrokke in ’n soort liefdesdriehoek ontdaan van sentiment. Waarom? Vermoedelik uit verveeldheid, om sy isolasie en skrywersblok te besweer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
SOEKE NA VASTRAPPLEK
Van vaders en vlugtelinge
DEBORAH STEINMAIR is onthuts, vervreem en betower deur S.J. Naudé se jongste roman.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Outofiksie ontlok ongeskikte voyeurisme
’n Hart op soek na ’n bewoonbare planeet
Passasier van sy penis en die puin wat hy nalaat
Om jou ’n renoster te verbeel
Sy voel nie soos ’n mens nie
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.