Die senings van seunwees

KNAPE IN KRISIS

Die senings van seunwees

LOUIS GAIGHER raak liries oor Max Porter se meerstemmige trilogie oor seunskap.

SHY, die derde aflewering in Max Porter se los trilogie oor seunskap, is soos die boek se voorgangers, Grief Is the Thing with Feathers (2015) en Lanny (2019), gestroop, gekonsentreerd, van skraal bladomvang met ruim wit spasie. Ook is dit gul wat teerheid, empatie, speelsheid, klankrykheid, meerstemmigheid en tipografie betref, met woorde wat soms verby die bladsyoppervlak strek. Die boeke put uit teater-, folklore-, fabel-, kinderboek-, genrefiksie- en konkrete poësie-tradisies en mens verlustig jou in hul ambisie, spesifisiteit en verrassende detail. Voorts bied Porter se trilogie ons ’n groter visie wat tot nuwe maniere van dink oor sosio-politieke kwessies, manlikheid en klimaatsontrafeling kan lei.

In die middel van bumblefuck nowhere

Ons kom die 15-jarige Shy een oggend om 03:13 teë naby Last Chance, ’n skool vir seuns met probleme op ’n Britse landgoed “in the middle of bumblefuck nowhere”. Dit is 1995, pre-digitaal, toe ons nog net deur drie dimensies omvou was en meer gebonde aan ons liggaamlike grense gehou is en tieners hulle nie na die vierde dimensie se digitale platforms kon wend vir nuwe identiteite of ontvlugting nie. Dit is ook die laaste jaar van (die vorige rondte van) langdurige Tory-heerskappy, waartydens hebsug geseëvier het, die idee van gemeenskap ongedaan gemaak is en ’n progressiewe instelling op gesogte grond, soos Last Chance, in die visier van die staat, en eiendomsontwikkelaars, sou wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.