Gerda Taljaard is die skrywer van verskeie romans, waaronder Die laksman se dogter en Vier susters, asook ’n kortverhaalbundel, Maansiek. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies. Sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon, met die kykNET-Rapport-pryse vir mees verfilmbare boek en vir fiksie, en met die ATKV-prosaprys. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.
MOMMY PORN
So sexy soos broodskimmel
GERDA TALJAARD wonder wat haar besiel het om E.L. James se jongste hygsensasie te lees.
Deel
NET toe almal dink die koningin van mommy porn, E.L. James, is genadiglik moeg gehyg, kom sy vorendag met nog ’n wulpse boekereeks – eers The Mister en nou (wait for it!) The Missus. Toe Fifty Shades of Grey destyds pas verskyn het, vra ’n vriendin my een aand of ek dit al gelees het, want daar is hierdie opspraakwekkende deel met ’n “butt plug” in die boek. Ek weet nie of dit die rooiwyn of my vriendin se Potch-aksent was nie, maar ek het vir maande daarna probeer uitwerk hoe ’n mens seks het met ’n badprop.
Daar is heerlik gek geskeer met Fifty Shades of Grey se titel: “Fifty Shags of Grey”, “Fifty Shades of Shit”, “Getting Laid by Grey” en “Fifty Shades of Shaft”. Party mense was selfs onder die indruk dat hierdie boek ’n selfdoen-handleiding was vir verftegnieke. Eindelose grappies is daaroor gemaak. Maar die een wat die laaste, en boonop al die pad bank toe gelag het, was E.L. James. Vyf en dertig miljoen kopieë van die Fifty Shades-trilogie is verkoop, en nog is dit het einde niet. Al drie die boeke is verfilm, en of die rolprente enigsins beter as die boeke was, sal ek nie kan sê nie, want ek vind rofstoei meer eroties as seksfilms.
Sowel die boeke as die films het oorwegend swak resensies gekry, en nie om dowe neute nie. Diegene wat die boeke gelees en/of die filmweergawes daarvan gesien het, beskryf albei as skreiend seksisties, soetlik, cheesy, sleazy en seedy. Laasgenoemde om meer as een rede. Maar elke skrywer verdien darem seker ’n tweede kans. ’n Power debuut kan tog nie vir altyd teen ’n skrywer gehou word nie. Dis dié dat ek toe besluit om The Missus ’n kans te gee. Miljoene mense kan tog nie verkeerd wees nie, of hoe?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Susters staan saam teen narsistiese ‘Godsmanne’
Verlies, vervreemding en literêre moord
Kortverhaal | Sofja en die beer
Sofja en die beer, Deel II
Episode 1: Die dae van die wit dahlia
Episode 2: Die dae van die wit dahlia
Deel
-
Deel
Gerda Taljaard
SkrywerGerda Taljaard is die skrywer van verskeie romans, waaronder Die laksman se dogter en Vier susters, asook ’n kortverhaalbundel, Maansiek. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies. Sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon, met die kykNET-Rapport-pryse vir mees verfilmbare boek en vir fiksie, en met die ATKV-prosaprys. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.