’n Kanariegeel, sakkariensoet blik op ’n onverteerbare verlede

GESKIEDENIS SMAAKLIK OPGEDIS

’n Kanariegeel, sakkariensoet blik op ’n onverteerbare verlede

MARELI STOLP sluk swaar aan die taai tameletjie van historiese fiksie wat 'n beter wêreld verbeel.

AAN die einde van die fliek Braveheart laat koningin Isabella die wrede Skotse koning weet sy is swanger met William Wallace se seun. Dit maak vir ’n heerlike einde, aangesien die beeldskone Mel Gibson se Wallace so pas vreeslik wild tereggestel is, en nou is daar poetic justice. Wat die film so effens verkeerd kry, is die geskiedenis: Isabella was drie jaar oud toe die groot Battle of Falkirk plaasgevind het, en sy het eers ’n kind gehad lank ná William Wallace se dood. Maar hoe erg is dít nou: Ons het Braveheart gekyk vir Mel Gibson se kuite, nie ’n geskiedenisles nie.

Ons kan ook gerus die veelvuldige geskiedenisfoute in byvoorbeeld Dan Brown se Da Vinci Code vergewe: Hierdie boek wat almal in die vroeë 2000’s aan die gons gehad het, se thrills was elders te vinde.

Historiese fiksie, hetsy in film-, toneel- of romanformaat, trap altyd op die fyn lyn tussen feite en verbeelding. Die skrywer plaas hul karakters in ’n wêreld van vervloë tye, en deel van die outeursopdrag is om daardie wêreld op te tower sodat dit sin gee aan die karakters se lewe en ervaringe. Die outeur probeer met ander woorde tegelyk iets ouds én iets nuuts vertel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.