Bliksems wat wonderbaarlike kuns skep

MOREEL AANVEGBARE KUNSTENAARS

Bliksems wat wonderbaarlike kuns skep

MERCIA S. BURGER lees ’n boek waarin Claire Dederer vrae vra oor kunstenaars wie se werk ons bemin, maar wie se beginsels ons laat walg. Want dis ’n dilemma wat nie weggaan nie.

IN ’n tweedehandseboekwinkel waar ek gewerk het, word ons in ’n stadium oorval met donasies van Bill Cosby se boek, Fatherhood. Cosby is op die voorblad met sy goofy trui, ’n loom glimlag en oë wat ’n mens voorheen as ondeund sou sien. Gedurende die 1980’s was The Cosby Show die gewildste program in Suid-Afrika – ironies waarskynlik die eerste swart gesin waarmee wit Suid-Afrikaners in hul voorkamers gekuier het. Gesellig het hy en sy gesin grappies gemaak en geterg en die wêreld speel-speel van rassestereotipering bewus gemaak. Het hy oomblikke ná die verfilming van ’n episode ’n vrou bedwelm en haar verkrag? En waarom moes dr. Huxtable nou juis ’n ginekoloog wees? Die boekwinkel het die boeke verpulp.

“They did or said something awful, and made something great,” skryf Claire Dederer in Monsters: A Fan’s Dilemma, en hulle is meestal mans. Wat doen sy nou met Roman Polanski, wonder sy. Vir haar is hy ’n geniale regisseur, die skepper van rolprente soos Rosemary’s Baby en China Town, twee meesterstukke waarna sy steeds oor en oor kyk al weet sy Polanski is skuldig bevind aan die verkragting van ’n 13-jarige meisie. Maar Woody Allen se rolprent Manhattan laat haar “a little urpy” voel. Allen, te midde van beskuldigings van kindermolestering, het ook ’n verhouding met sy 17-jarige stiefdogter, Soon-Yi, gehad. Vermetel genoeg gaan Manhattan oor ’n ouer man wat ’n verhouding met ’n 17-jarige hoërskoolleerling het.

Boelies en sekspeste..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.