Potlood en ink: verse van Bibi

DIGKUNS

Potlood en ink: verse van Bibi

BIBI SLIPPERS deel twee gedigte vol stilte en uitsig.

POLAROIDS: VILANCOULOS

as die son begin sak lyk dié hoek mosambiek bietjie
soos mexico sonder make-up, maar dis dalk net hierdie
kaktus en die pienk streep bo die see. saans is ek skrikkerig
vir honde in die donker, maar ek stap steeds in die stof-
strate asof jy langs my loop. die water is bedags ’n inkblou
kwashaal tussen die olieverf-hemel en die leë papier
van sand. dis ’n kuns om alleen en tevrede te wees.
die wind het ’n zen-tuin van die duin gemaak en iemand
met ’n klitser het die wolke styf geklop. ek het genoeg
geslaap en my moeg gelees. ek wonder waar’s my harkie?
o, ek mis jou, my meringue.

’n tekening, te laat ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.