Chinatown en ’n coloured vrou met ’n vuilkyk

GIL SOOS 'N ALARM

Chinatown en ’n coloured vrou met ’n vuilkyk

Ronelda S. Kamfer se nuwe bundel breek DEBORAH STEINMAIR se hart en pla haar soos ’n absestand. Sy slaan haar oë verniet op na die berge.

'N DUN boekie spook al heelweek by my – Ronelda S. Kamfer se jongste bundel, Chinatown. Ek lees dit prewelend oor en oor soos 'n gitswart gebedeboek, ek wikkel dit heen en weer soos 'n absestand, ek steek my hand daarin soos in 'n vlam, Kamfer se woedende opslagwoorde. Ek slaan my oë op na die berge en selfvergifnis wil maar nie in my skoot val nie.

Hierdie bekroonde, vertaalde digter is 'n fenomeen, 'n internasionale oorlogskorrespondent. Sy bevolk die kollektiewe bewussyn met 'n wanfunksionele gemeenskap in 'n vlaktelandskap, ontheem, ontwortel en tot in die kern beseer deur wit mense se gierigheid, grootheidswaan en oorheersingsdrang.

Haar verse is handgranate, mortiere wat die slagveld vir oomblikke helder verlig. Dis soos luminol (haar beeld) wat die riviere van gestorte bloed uitwys in die krake van die misdaadtoneel wat ons land is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.